Vrolike Liedjies

R 145.00

2 in stock

Description

Hierdie versameling van afrikaanse volksmusiek is ideaal om op die lang pad, om die kampvuur of net vir die genot daarvan te sing!

Vrolike liedjies is ‘n bloemryke versameling uit die skatkis van ons Afrikaanse volksmusiek.  Die genot wat hierdie tradisionele liedjies soos Suikerbossie en Dis heerlike lente gee, is nie beperk tot ‘n spesiale geleentheid nie.  Sing hulle by die huis, op pad êrens heen, by ‘n piekniek, om die kampvuur of op die verhoog.  Hulle skep spangees en bind jonk en oud bymekaar op ‘n baie plesierige noot.

Die uitbundige volkleur illustrasies gee lewe aan elke liedjie.  Daarom is hierdie bundel tradisionele volksmusiek perfek om die kleinspan ‘n kykie in die verlede te gee. Volg saam met jou kind die woorde en prentjies, terwyl julle saam sing en geniet hierdie trotse voortsetting van ‘n vrolike musiektradisie.

  • Boekgrootte: 23.2 x 24cm
  • Inhoud: 52 Liedjies/52 Bladsye