Lekker Saamlees Sprokies en Speletjies

R 115.00

1 in stock

Description

‘n Klein versameling tradisionele sprokies, propvol opwinding en lewensdrama, wat kleuters baie dekades al vermaak en leer.  Die illustrasies bied ‘n opwindende visuele weergawe van die stories.  ‘n Groot deel van die lekker saamlees is prentjies-kyk en om dinge en kleure te benoem.  Ou bekendes maak weer hul verskyning.  Daar is Rooikappie, Die Drie Varkies en natuurlik ook Die Lelike Eendjie.

Die Boek sluit ook tradisionele speletjies in.  Met ‘n paar klippies of ‘n sokkie of twee is die spelers volledig toegerus! Trek ‘n paar sirkels en blokke op die grond en begin speel.  Lekker saamlees Sprokies en Speletjies is net reg vir kosbare, prettige oomblikke saam met jou kleuter.

  • Boekgrootte: 23.2 x 24cm
  • Inhoud: 32 Bladsye