CD Boek: Vrolike Liedjies Volume 2

R 139.00

3 in stock

Description

Vrolike liedjies is uit en uit ‘n treffer! Volume 1 het soos soetkoek verkoop. Daarom is Vrolike Liedjies Volume 2 nou beskikbaar met nog ou bekendes soos Die blink vosperd, Dis heerlike lente en Solank as die rietjie. Die genot wat hierdie tradisionele liedjies gee, is nie beperk tot ‘n spesiale geleentheid nie. Sing hulle by die huis, op pad êrens heen, by ‘n piekniek, om die kampvuur of op die verhoog. Hulle skep spangees en bind jonk en oud bymekaar op ‘n baie plesierige noot.

Woord En Beeld

Die uitbundige volkleur illustrasies gee lewe aan elke liedjie. Daarom is hierdie bundel tradisionele volksmusiek perfek om die kleinspan ‘n kykie in die verlede te gee. Volg saam met jou kind die woorde en prentjies terwyl die musiek speel en geniet hierdie trotse voorsetting van ‘n vrolike musiektradisie.

Lekker saamsing-liedjies

Op die meegaande CD word die heerlike deuntjies, speelse ritmes en eenvoudige woorde van hierdie versameling liedjies meesterlik vertolk deur Liezel Marshall, Netanja Brink, Sean Dobson en Theo Bodenstein. Musiekbegeleiding vir al 20 liedjies verskyn ook op die CD – ideaal om konsert mee te hou!