Description
Vrolike liedjies, boek en CD, is ‘n klein bloemlesing uit die skatkis van ons Afrikaanse volksmusiek. Al die ou bekendes is hier, van “Bobbejaan klim die berg” tot “So ry die trein”, “Suikerbossie” en “Vat jou goed en trek, Ferreira”.
Woord En Beeld
Nog nooit is dié liedjies kleurvoller aangebied nie. Meer as dertig bladsye uitbundige volkleur-illustrasies laat die liedjies vir die jong kind ook visueel leef. Blaai saam met jou kind deur die boek en volg die illustrasies en die woorde van die liedjies terwyl die musiek speel. Dit is ‘n ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie.
Lekker saamsing-liedjies
Die 27 liedjies op die CD word fraai gesing deur jong en ouer leerlinge van ‘n bekende musiekskool onder leiding van Delycia van der Merwe. By pa en ma sal hierdie ou gunstelinge kosbare herinneringe aan hul kindertyd wakker maak, herinneringe wat nou met hul kinders gedeel kan word.